MTC moet opdok vir CRAN

Die Namibiese kommunikasie-owerheid, CRAN het vanoggend geslaag in sy appèl in die hooggeregshof teen MTC. Die saak is redelik kompleks maar die kern lê daarby dat CRAN uitstaande heffings van net minder as 100 miljoen Namibiese dollar by MTC geëis. Die wetgewing wat die heffings moontlik gemaak het, is in Junie 2018 deur die hooggeregshof as ongrondwetlik verklaar maar, CRAN het aangevoer dat MTC steeds die heffings skuld vanaf 2016 tot 2018. Regters Sylvester Mainga, Dave Smuts en Petrus Damaseb het in CRAN se guns bevind. Die uitspraak beïnvloed ook uitstaande heffings van ongeveer 67 miljoen dollar wat deur Telecom geskuld word. Intussen dagvaar MTC weer vir CRAN in die hoërhof om sy aanpassings aan die wetgewing in verband met heffings, weer ongrondwetlik te verklaar. Die saak is vanoggend voor regter Harold Geier.