Een 200t blouwalvis, een 1g kril…

Die eerste studie wat ooit uitgevoer is op hoeveel baleinwalvisse vreet, is gepubliseer. Baleinwalvisse is filtervoeders en vreet kril wat ongeveer 3,5 sentimeter lank is en ‘n gram weeg. Die kril word deur die kieue, bekend as balein of walvisbaard, ingeneem. Die navorsers het bevind dat die blouwalvis, wat ongeveer 200 ton weeg, 16 ton kril daagliks inneem. Die boggelrugwalvis neem ongeveer 9 ton daagliks in. Maar, walvisse vreet nie die hoeveelheid elke dag nie. Meeste vreet ongeveer 100 dae per jaar, normaalweg tydens die paarseisoen in die somer. Die navorsing is deur die Smithsonian-instituut in Washington gedoen.