MTC het 250 000 simkaarte geregistreer


Meer as twee miljoen MTC-simkaarte is aktief, maar slegs 250 000 is onder MTC se vrywillige simkaartregistrasie-proses geregistreer. Die bestuurder van korporatiewe sake by MTC, John Ekongo, sê die vrywillige registrasieproses, wat in Julie begin het, beweeg teen ‘n gemiddelde pas. Namibië is een van twee Afrikalande wat nie sim-registrasie ten volle geïmplementeer het nie, terwyl meer as 157 lande regoor die wêreld dit reeds gedoen het. Die Kommunikasiewet verplig gebruikers om hul simkaarte by die diensverskaffers te registreer. Volgens MTC registreer tussen 300 en 400 gebruikers hul simkaarte per dag landwyd.