VP+ sê korrupsie moet Covid-kontrakte moet gevolge hê

Die Vryheidsfront Plus het sy kommer uitgespreek oor die bevindinge in die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag oor Covid-19-verwante verkryging. Ondersoeke na 4 549 kontrakte is afgehandel en daar is bevind 2 803 hiervan was onregmatig. Die regering se uitgawes aan Covid-19 het tussen April 2020 en September verlede jaar 152,5 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop waarvan 14,3 miljard ondersoek word. Die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, sê die skuldiges moet dringend vasgetrek word: