MTB X-Ride vind Saterdag by Oanobdam plaas

Die eerste in die reek van vanjaar se agt Gravel en Dirt-bergfietswedrenne skop Saterdag by die Oanobdam af. Deelnemers van die MTB X-Ride by Oanobdam kan vir die marathonroete van 76 kilometer inskryf of die halfmarathon van 38 kilometer inskryf. Inskrywingsgeld beloop 350 Namibiese dollar. Vir die kinders is daar ook twee kategorieë. Hardlopers kan ook deelneem oor ‘n afstand van 10 of 20 kilometer met die inskrywingsfooi is 300 Namibiese dollar. Inskrywings sluit vanmiddag om vyf-uur.