Drie mans verskyn in Swakopmund-hof vir bedrog

‘n Bekende in regs- en toerismekringe in Swakopmund, die 53-jarige Gerhard van der Merwe, sy voormalige sake-vennoot, die 55-jarige Paulo Coimbra, en Duitse burger René Sauerbrei, het vandag in die Swakopmund-landdroshof op verskeie klagte verskyn. Dit sluit in bedrog, die versuim om relevante inligting aan die Namibiese burgerlugvaartowerheid te verskaf, en die vlieg van ‘n klein vliegtuig sonder ‘n vlug-operateurslisensie.