Groenland se ysbedekking smelt, seevlakke sal styg

Navorsing toon dat grootskaalse stygings in seevlakke verwag kan word omdat niks nou meer kan keer dat Groenland se ysbedekking smelt nie. Aardverwarming tot op hede sal tot gevolg hê dat seevlakke net weens Groenland se smeltende yslaag met 27 sentimeter sal styg. Berggletsers in die Himalajas en die Alpe is reeds besig om onderskeidelik ‘n derde tot die helfte van hulle ys te verloor. Wetenskaplikes sê die afbreek van die reusagtige Oos-Antarktiese ysbank kon voorkom word indien daar onmiddellik teen klimaatsverandering opgetree is. Seevlakke kan met 52 meter styg as al dié ys smelt.