Mpho hou eerste raadsvergadering

Die Stad Johannesburg se eerste gewone raadsvergadering sedert die heraanstelling van die burgemeester, Mpho Phalatse, word vandag gehou. Planne oor korrupsie, dienslewering en die vul van senior bestuursposte sal bespreek word. Phalatse het teruggekeer na haar amp nadat die Hooggeregshof in die stad haar verwydering onwettig verklaar het. Haar woordvoerder, Mabine Seabe, sê die burgemeester word nie geïntimideer deur die opposisie nie en sy is gereed om voort te gaan: