Shilimela se N$16,5m-dagvaardiging weer in die hof

Shilimela Security and Debt Collection dagvaar die minister van landbou vir net meer as 16,5 miljoen Namibiese dollar in ‘n saak van vanmiddag in die hoërhof voor regter George Coleman sal voorkom. Shilimela sê in sy stukke dat hy kontrakte met die minister gesluit het om wagte by verskeie persele in die Zambezi- en twee Kavango-streke te verskaf. Die eerste vier-jaar ooreenkoms het goed verloop. Die aansoeker sê daar is ooreengekom dat sou  ‘n nuwe minimumloon vir wagte onderteken word, dat die koste van die diens sou styg. Shilimela sê vanaf September 2017 tot September 2020 tydens die tweede kontrak het hy 16,5 miljoen dollar betaal aan sy wagte na ‘n nuwe minimumloon in Januarie 2017 in werking getree het. Hy sê die ministerie het nie ingevolge die bepalings van hulle kontrak, sy betalings aan hom opwaarts aangepas nie. Die partye is tans besig om nog ‘n saak, wat dieselfde partye het, by die een aan te sluit en die proses is nog nie afgehandel nie. Dus sal hulle vra dat regter Coleman die saak uitstel.