Mpho het geen kommer oor haar pos nie  

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, is vol vertroue dat haar posisie nie in gevaar is nie. Sy het die Hooggeregshof se uitspraak verwelkom wat die spesiale sitting van die raad waarin ‘n mosie van wantroue teen haar ingedien sou word, ongeldig verklaar het. Die hof sê Colleen Makhubele is kragtens die toepaslike wetgewing nie by magte om ‘n kennisgewing vir ‘n raadsvergadering uit te reik nie. Phalatse sê sy vrees nie enige van die pogings om haar te laat verwyder nie: