Hardap polisie vernietig N$326 000 se dwelms  

Die Namibiese polisie in die Hardap-streek het dwelms ter waarde van net meer as 326 000 Namibiese dollar verwoes. Volgens die Hardap-polisie se woordvoerder Eric Clay is die sake waarmee die dwelms verband hou reeds in die howe voltooi. Dagga ter waarde van amper 217 000 dollar is gebrand sowel as Mandrax en kokaïen, en onwettige sigarette Die streek se mag het sedert die begin van die jaar beslag gelê op 772 000 dollar se dwelms. Clay het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om owerhede by te staan en gevalle van dwelmhandel en gebruik aan te meld.