Bieber kaartjie gekoop? Hulle sal jou kontak…

Big Concerts in Suid-Afrika het bevestig dat aanhangers wat kaartjies vir Justin Bieber se Suid-Afrikaanse optredes gekoop het, ten volle vergoed sal word. Die popster het op 6 September aangekondig dat sy Justice World Tour weens fisieke en geestelike gesondheidskwessies gekanselleer is. Op sy Instagram het die 28-jarige sanger geskryf dat hy tyd nodig om te rus en beter te word. Volgens Big Concerts hoef aanhangers geen stappe te neem nie. Ticketmaster sal kaartjiehouers direk kontak.