Moulin Rouge het ‘n sissende probleem

Diereregte-aktiviste het ‘n veldtog teen die Moulin Rouge van stapel gestuur nadat nie-akwatiese slange op die verhoog in water gedompel is. Tydens die daaglikse vertoning by die Paryse instelling speel ‘n danser met groot luislange in ‘n poel water terwyl hulle hul koppe bokant die water probeer hou. Die Moulin Rouge wat in 1889 gestig is, het vroeër aan ‘n Paryse koerant gesê hulle het nog nooit diere mishandel nie en gebruik waterslange. Intussen lyk dit of die Moulin Rouge met ‘n probleem sit, omdat ‘n wet van 2021 die gebruik van wilde diere in nagklubs of op TV van vanjaar af verbied.