Beplan beter vir nuwe skooljaar

Met die begin van die 2023 skooljaar om die draai, is talle ouers gewoonlik in die nuwe jaar vasgevang in ‘n finansiële dispuut en konflik wanneer skooluniforms en -benodighede gekoop moet word. Staatskole maak weer hul deure Woensdag oop. Oor die algemeen leer Namibiërs nie uit vorige ervarings nie en berei hulle nie voor op geleenthede soos die heropening van skole nie. Maatskaplike kommentator en aktivis, Ngamane Karuaihe-Upi, sê ouers moet beter vooraf beplan om konflik te vermy.