Indonesië sny uitvoere van palmolie

Indonesië het aangekondig dat palmolie-uitvoerders voortaan slegs ses maal hul binnelandse verkoops-volume mag uitvoer, en nie meer agt maal soveel soos regulasies tans bepaal nie. Dié land wat baie ryk aan palmolie is wil die regulasies van vandag af instel. ‘n Senior amptenaar van die koördinerende ministerie vir maritieme en beleggingsake, Septian Hario Seto, sê die stap is gedoen om binnelandse voorraad vir die eerste kwartaal van 2023 te verseker. Indonesië sal ook sy verpligte palmolie-komponent van 1 Februarie tot 35 persent verhoog.