Motorsport: Kort sneltrajek by Dakar ‘n uitdaging

Motorsport: Deelnemers aan die Dakar-tydren sê die kort tiende sneltrajek in die duine van Saoedi-Arabië is glad nie ’n maklike terrein vir die veldrenjaers nie. Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy was 22ste vir die dag en vyfde algeheel. Giniel vertel hoe uitdagend die duine was.

Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel was vierde en behou hulle algehele eerste posisie met meer as ’n een uur en 21 minute. Henk Lategan en sy navigator, Brett Cummings was negende en lê nou algeheel vierde na Sebastian Loeb. Henk sê daar was baie plekke waar ’n mens lelike foute kon maak.