Rehoboth implementeer twee groot projekte

Die Rehoboth-dorpsraad het die implementering van twee groot projekte vanjaar aangekondig om die dorp se ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Die eerste projek is die langverwagte teerpad-opgradering van die Luketz Swartbooi-pad waarby ‘n plaaslike maatskappy, Sebke Civil Contractor, onder toesig en bestuur van Helios Engineering Consultants aangestel is. Die projekte sal volgens Rudolf Muhembo, hoof van tegniese dienste, vandag begin en duur tot 6 Junie. Die raadgewende ingenieurs sal ook die raad bystaan met die uitleg, ontwerp en landskap van ‘m voorgestelde speelpark. Die tweede projek is die aanstelling van en oorhandiging van die perseel aan HosDax Investment, ‘n plaaslike entrepreneur, vir die omheining van die binnekort voltooide sport-kompleks in Blok E.