Chaos by Amerikaanse lughawens

Chaos het in die Amerikaanse lugvaartsektor geheers toe duisende vlugte gehok moes word weens probleme met die rekenaarstelsel van die Federale Lugvaart-administrasie. Meer as vierduisend vlugte is geraak met 710 wat gekanselleer is en die res uitgestel. Die fout het by die instelling se Notice to Air Mission-stelsel ingesluip wat vlieëniers waarsku oor moontlike risiko’s langs hul vlugroetes. Die meeste vertragings het langs die Ooskus plaasgevind. Die FAA het later aangekondig dat normale lugverkeer-bedrywighede geleidelik hervat word.