Motoriste se gedrag op paaie wek kommer

Die buurland se Padverkeerbestuur-korporasie spreek kommer uit oor motoriste se roekelose gedrag op die paaie. Dit volg op die vervoer-minister, Sindisiwe Chikunga, se onthulling dat meer as 700 lewens reeds dié maand op paaie verloor is. Die uitvoerende hoof van die korporasie, Makhosini Msibi, het die begin aangekondig van landwye operasies om voetgangersterftes te verminder, korrupsie onder verkeersbeamptes en motoriste wat hulle omkoop, teen te werk, onpadwaardige voertuie te verwyder, en te keer dat mense sonder rybewyse bestuur.