TransKalahari-spoorlyn ‘sal Afrika-markte oopmaak’

Die ongevraagde aanbiedinge wat Botswana van beleggers ontvang wat belangstel om ‘n spoorlyn na Walvisbaai te bou, bly in die nuus. Die spoorlyn sal as ‘n alternatief vir Suid-Afrika se sukkelende logistieke netwerk dien en sal van Gaborone, deur die Kalahari-woestyn tot by Gobabis en Walvisbaai aan die Atlantiese Oseaan loop. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, sê die spoor sal meer handelsmarkte op die vasteland oopmaak.