China se lugbesoedeling styg eerste keer in 10 jaar

Die lugbesoedeling in China het in 2023 die eerste keer in ʼn dekade vererger. Volgens ʼn studie deur ʼn onafhanklike navorsingsorganisasie, Centre for Research on Energy and Clean Air, is 2023 die eerste jaar sedert die aanvang van die land se sogenaamde ‘oorlog teen besoedeling’ in 2013, dat die nasionale PM2,5-vlak in China jaar-tot-jaar gestyg het. Indien PM2,5-deeltjies ingeasem word kan dit volgens wetenskaplikes ernstige gesondheidsrisiko’s inhou. Dit word verbind met die voortydige dood van mense met hart- en longsiektes asook vele asemhalingskwessies en ander toestande.