Motorfietsrit Saterdag in Windhoek ten bate van kanker

‘n Motorfietsrit ten bate van die Kankervereniging van Namibië vind Saterdagoggend om nege-uur in Windhoek plaas. Die organiseerder, Dirk Kleinschmidt, sê sowat 200 motorfietse word verwag. Die roete is vanaf Mandume Ndemufayo-laan via Onafhanklikheidsrylaan terug na Wernhil Park. Mej. Supranasionaal Chani Rabe en die uitvoerende hoof van die Kankervereniging, Rolf Hansen, sal ook deel wees van die verrigtinge. Kleinschmidt doen ‘n beroep op die pubilek om die Kankervereniging te ondersteun.