Millimeter Teleskoop gaan op Gamsberg-plato gebou word

Dr. Riaan Steenkamp van die Universiteit van Namibië sê opwindende astronomiese dinge vind in Namibië plaas met die Afrika Millimeter Teleskoop-projek plaas. Dit is ‘n gesamentlike projek tussen die Radboud Universiteit in Nederland en Unam. Die teleskoop sal in die volgende drie jaar in Namibië gebou word. Dit sal ‘n belangrike skakel vorm in die netwerk van millimetergolwe teleskope regoor die wêreld wat in 2019 die eerste foto ooit van ‘n swart gat gekry het. Steenkamp van Unam sê hulle wil ‘n teleskoop op die Gamsberg-plato oprig. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.