Landbouministerie kon nie bewyse van ReconAfrica se waterpermitte toon

Die voorsitter van die parlementêre staande komitee van natuurlike hulpbronne, Tjekero Tweya, het die openbare verhoor verdaag nadat beamptes van die landbouministerie nie bewyse kon toon wanneer hulle die aansoeke vir waterpermitte van ReconAfrica ontvang en goedgekeur het nie. Prins Harry het ook verlede week sy teenkanting teen die Kanadese olie- en gasmaatskappy se eksplorasiewerk in die Kavango-delta uitgespreek.