Mosiehof hanteer 64 aansoeke om verstekvonnisse

Die mosiehof in die hoofstad het vandag 63 aansoeke om verstekvonnisse hanteer waarvan 18, reël 108 aansoeke was. Regters Harold Geier en Hannelie Prinsloo het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 36 eise gebring met een voertuig wat teruggeëis is, asook 24 eiendomme met onbetaalde lenings ter waarde van 25,6 miljoen dollar. Elf lenings ter waarde van net minder as 4,3 miljoen is ook betaalbaar. Maandag sal Regter Hosea Angula 24 onverdedigde egskeidings hanteer.