Agra toon uitstekende groei

Agra het vandag hul finansiële syfers bekend gemaak met ‘n bruto winsverhoging van 9,1 persent van 368 miljoen Namibiese dollar in 2019/20 na 402 miljoen Namibiese dollar in 2020/21. Agra Veilings was ‘n groot bydraer van 65,3 miljoen dollar in kommissie in vergelyking met die 55,8 miljoen dollar wat ‘n verhoging van bykans 17 persent is. Dit is ondanks minder diere wat bemark is, veral beeste wat met 24 persent afgeneem het, maar die markprys vir vee was baie goed. Die handelsmerk- en kommunikasiebestuurder, Piet Stoman, sê Agra bly ‘n goeie beleggingsopsie.