Lonely Planet gee sy Best in Travel 20222-gids uit

Lonely Planet het sy Best in Travel 2022-gids uitgegee en volgens die maatskappy se visepresident van ervaring, Tom Hall, is dit tyd om reisplanne af te stof en dit ‘n werklikheid te maak. Die lys word verdeel in die toptien-lande, -streke en -stede. Die Cook-eilande in die Suidelike Stille Oseaan, Noorweë en Mauritius is die topdrie-lande om te besoek. Die topdrie-streke is Ysland se westelike fjords, Wes-Virginië in Amerika en Xishuangbanna in China. Auckland in Nieu-Seeland, Taipei in Taiwan en Freiburg in Duitsland is die drie topstede.