Mosiehof: Elf aansoeke, N$6,5m uitstaande

Die volle mosiehofrolle was nie op die regbank se stelsel gelaai nie en net die tweede mosiehofrol was beskikbaar. Regter Thomas Masuku het die 22 aansoeke om verstekvonnisse hanteer waarvan 11 deur kommersiële banke gebring is. Vier eiendomme is opgeëis met ‘n uitstaande waarde van 6 miljoen Namibiese dollar. Vyf lenings ter waarde van 498 000 Namibiese dollar is betaalbaar en twee voertuie is teruggevra. In Maandag se sessie sal regter George Coleman 63 onverdedigde egskeidings hanteer.