Mosiehof: een eis van N$125m

Die mosiehofrol vir vanoggend se sittings was nie noemenswaardig groot nie, maar die uitstaande skuld was wel. Daar was 104 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan 16 reël 108 aansoeke was. ‘n Totaal van 63 aansoeke is deur kommersiële banke gebring waarvan 11 reël 108 aansoeke was. Vyf-en-dertig eiendomme is opgeëis met uitstaande skuld van 172,57 miljoen Namibiese dollar. Een aansoek, vir skuld van ‘n besigheid by Aussenkehr, het 125 miljoen Namibiese dollar beloop. In een geval is ‘n huis op Rehoboth teruggevra vir skuld van 39 900 dollar. Daar as 22 lenings wat opgeëis is met skuld van 10,9 miljoen dollar en ses voertuie is teruggevra. Die sessies is deur regters Collins Parker en Shafimana Ueitele hanteer. Maandag se sessie waar regter Thomas Masuku sal waarneem, het 36 onverdedigde egskeidings op die rol.