Mosiehof: 71 aansoeke, N$45m betaalbaar

Amper 45 miljoen Namibiese dollar is deur kommersiële banke in vandag se mosiehof-sessie in die hoofstad opgeëis. Regters Collins Parker en Herman Oosthuizen het die sessies, wat 139 aansoeke vir verstekvonnisse geregistreer het, hanteer. Daar was 19 reël 108 aansoeke. Banke het 71 van die totale aansoeke gebring. Daar is 38 lenings met ‘n uitstaande balans van net-net minder 5 miljoen dollar wat nou betaalbaar is, sowel as 21 eiendomme met ‘n uitstaande balans van amper 40,1 miljoen dollar. In een geval is ‘n plaas opgeëis met ‘n uitstaande balans van 16,9 miljoen dollar. Twaalf voertuie moet terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Esi Schimming-Chase 55 onverdedigde egskeidings hanteer.