Swapo tjoepstil oor Angula en kie se petisie

Die sekretaris-generaal van die Swapo-party, Sophia Shaningwa wou geen kommentaar lewer oor die versoekskrif van Swapo-veterane, wat voormalige ministers insluit, oor die stand van sake in die party nie. Volgens plaaslike nuusagentskappe meen sy dat sy nie die storieverteller is nie en dat die media eerder die groep veterane moet nader. Die groep, wat bestaan ​​uit oudministers Nahas Angula, Isak Katali en oorlogsveteraan Peter Mwatile, het kommer uitgespreek oor die huidige leierskap en beweer dat daar geen ontwikkeling in die land was sedert President Hage Geingob oorgeneem het nie. Die groep het dit duidelik gemaak dat hy hom by oudpresidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba skaar maar voeg by dat Geingob op ‘n moeilike tyd, met ‘n wêreldwye ekonomiese afswaai, oorgeneem het. Maar, hulle beskuldig hom steeds daarvan dat hy voortgaan om alle inisiatiewe om die Swapo-party te red, ignoreer of blokkeer.