Nored en Suide-dorpe skuld nog vir NamPower

NamPower, wat meer as ‘n miljard Namibiese dollar deur sy wanbetalende kliënte geskuld word, het weer sy kliënte herinner om hul uitstaande rekeninge te betaal. Die kragvoorsiener sê in ‘n kennisgewing indien uitstaande rekeninge nie vandag vereffen word nie, gaan beurtkrag steeds in fases vanaf 5 Junie teen hulle begin. Cenored Okahandja, die Karas-streeksraad, die plaaslike owerhede van Lüderitz, Gochas, Witvlei en Gobabis het reeds betaal, asook Stad Windhoek vir Groot Aub en Brakwater. Volgens NamPower het Nored en verskeie plaaslike owerhede in die Suide nog nie hul rekenings vereffen nie.