Mosambiekse President keer terug van AU-beraad oor sikloon Freddy  

Die Mosambiekse President, Felipe Nyusi het vroeg teruggekeer van die Afrika-unie-beraad in Addis Abeba om die situasie te monitor terwyl die land voorberei vir die tropiese sikloon Freddy. Dit volg nadat minstens tien mense reeds die afgelope tyd weens swaar reën en oorstromings in Mosambiek dood is. Die Verenigde Nasies sê die sikloon sal na verwagting vandag nog die kus van Madagaskar tref en tot twee miljoen mense kan geraak word. Volgens berigte kan lande langs die kus van Tanzanië tot Suid-Afrika geraak word. Vlugte en openbare vervoer in Mauritius word ook reeds ontwrig nadat ‘n waarskuwing oor die sikloon uitgereik is.