De Ruyter voorsien nie algehele ineenstorting van kragnetwerk

Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, voorsien nie ‘n algehele ineenstorting van die kragnetwerk nie. Sy reaksie volg op die aankondiging dat fase 6-beurtkrag tot Woensdagaand se spitstyd ingestel sal word, en teen Donderdag na fase-4 verlaag sal word, met fase 3 tot die naweek. De Ruyter doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om elektrisiteit spaarsaam te gebruik omdat die kragnetwerk steeds onder druk is.