Moordwalvisse kommunikeer op basis van ouderdom en geslag

‘n Onlangse studie deur die Universiteit van Exeter en die Sentrum vir Walvisnavorsing het bevind dat moordwalvisse moontlik volgens geslag en ouderdom met mekaar kommunikeer en sosialiseer. Die jonger walvisse asook die vroulike diere blyk meer sosiaal as ander groepe te wees. Navorsers het hommeltuig-kameras gebruik om ‘n groep moordwalvisse langs die kus van die Amerikaanse staat Washington waar te neem. Die kameras het oor ‘n tydperk van tien dae ongeveer tien ure se videomateriaal opgeneem.