Moord van 9-jarige Natalie in die hof vandag

Edward Nkata en sy vrou Caroline se moord-verhoor word vandag in die hoërhof voor regter Claudia Claasen voortgesit. Die saak is verlede jaar van die Windhoek-landdroshof na die hoërhof verskuif nadat die aanklaer-generaal alle klagtes teen die moeder van die slagoffer Natalie Chipomho, Rachel Kureva, laat vaar het. Die staat beweer Edward en sy vrou Caroline het Edward en Rachel se dogtertjie, die negejarige Natalie tuis aangerand en doodgeslaan. Geslotekring-televisie het beeldmateriaal opgeneem waar twee mense met ‘n munisipale asdrom, blykbaar met Natalie se lyk in, na ‘n groot asdrom in Windhoek-Noord stap. Die saak het groot opslae gemaak na haar half-verbrande liggaam in die asdrom gevind is.