Afdanking van Mangaung-burgemeester net ‘n politieke foefie

ActionSA in die Vrystaat vra dat die raad van die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit ontbind word en tussenverkiesings gehou word om nuwe raadslede te verkies. Dit volg op die ANC se afdanking van die burgemeester van Mangaung, Mxolisi Siyonzana. Die ANC se tussentydse provinsiale komitee sê hy het dié besluit geneem ná ’n reeks interaksies om die stand van dienslewering in die sukkelende metro te bepaal. ActionSA se provinsiale voorsitter, Patricia Kopane, sê die skielike verwydering van Siyonzana is ‘n toonbeeld van die inherente politieke twis en skermutselings binne die ANC: