Iyambo verdedig N$55,8m eis van Agribank waar hy op raad gedien het

Agribank dagvaar sy voormalige raadsvoorsitter, Michael Iyambo, en sy maatskappye vir uitstaande lenings van 55,8 miljoen Namibiese dollar. Iyambo, wat die saak verdedig het die lenings vir sy Oshikoto Fresh Fruits and Veggies aangegaan. Die bank voer aan dat Iyambo se maatskappy versuim het om sy verpligtinge met die betaling van paaiemente vanaf Junie 2020 na te kom. Iyambo het sy plaas as sekuriteit vir die lening aangebied. Die bank eis net minder as 11,5  miljoen dollar vanaf Iyambo in sy persoonlike hoedanigheid met die totale bedrag van 55,8 miljoen dollar wat van hom en sy besigheid geëis word.