Moontlike reisperkings in Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsministre, Dr Joe Phaahla, sê daar is ‘n moontlikheid van ‘n interprovinsiale reisverbod hierdie feesseisoen in die buurland asgevolg van die toenemende aantal nuwe COVID-19-infeksies. Dit is nadat die Naionale koronavirus-bevelsraad gister vergader het. Phaahla sê kenners het aangedui dat beweging die virus aandryf. Hy sê daar kan ‘n voorstel wees om die beweging van interprovinsiale reise te beperk. Intussen het Suid-Afrika drie-duisend-220 nuwe COVID-19-gevalle in die afgelope 24 uur aangeteken. Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle op twee-miljoen-958-duisend-548 te staan.