Mummie in Peru ontdek

‘n Mummie wat in Peru ontdek is en terugdateer tot voor die Inka-beskawing is moontlik sowat een-duisend-200 jaar oud. Die goedbewaarde vonds is in ‘n ondergrondse begraafplaas oos van Lima gevind. Dit dateer vermoedelik van die Chaclla-kultuur voor die Inka-beskawing. Volgens die BBC is die mummie in ‘n fetale posisie aangetref met die liggaam en voete wat met tou vasgebind is. Dit is omring met verskeie offerandes soos potte met plant-oorblyfsels.