Mooi so, konstabel Akali, mooi so!

En die Suid-Afrikaanse polisiehonde doen dit weer! Twee vroue en twee mans is gister in Ceres in die Wes-Kaap in hegtenis geneem, nadat lede van die Breederivier Honde-eenheid saam met die polisie in Ceres hulle huis deursoek het. ‘n Woordvoerder van die polisie, Novela Potelwa, sê die verdagtes gaan vandag in die Ceres Landdroshof op aanklagte van dwelmhandel verskyn. Sy sê die eenheid se dwelmopsporingshond, Akalie, het tik en 776 Mandrax-tablette uitgesnuffel wat in die huis se dak en in ‘n sak in ‘n werkswinkel versteek is. Die waarde van die dwelms word op 40 000 Namibiese dollar geraam.