Saara sê Job praat twak

Die kantoor van die eerste minister het aantygings deur Job Amupanda dat die regering se inligtingstelsels deur buitelandse magte gekompromitteer is na ‘n kuberkraak. Dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila se kantoor voeg by dat die regering se stelsel tot op die maksimum beveilig is. Die verklaring kom na ‘n twiet deur Amupanda dat verskeie buitelandse magte toegang tot die stelsel, wat hy beweer Staatshuis insluit, verkry het. Hy het ook gevra presies wat die kantoor van die eerste minister gedoen het om die regering se inligtingstelsel te beskerm. Verskeie twiets deur Amupanda is onlangs as foutief bewys.