Mogoeng Mogoeng nuwe party se president vir ’24 verkiesings

Die nuutgestigte party in Suid-Afrika, die All African Alliance Movement, het die voormalige hoofregter, Mogoeng Mogoeng, as sy presidentskandidaat voorgestel. Die party is self ook amptelik as ‘n deelnemer aan die verkiesing in 2024 aangekondig. Die sekretaris-generaal van die beweging, Meshack Tebe, sê hul doel is om teen ongelykheid te veg en ‘n veldtog te voer vir skoon regering en ‘n regbank vry van korrupsie: