Eerste Tories draai op Truss

Drie Tory-parlementslede het ‘n beroep gedoen op die Britse eerste minister, Liz Truss, om te bedank. Dit volg slegs ses weke nadat sy by Downingstraat 10 ingetrek het en is die nadraai van die ekonomiese moles ná die mini-begroting. Die Daily Mail berig dat Tory-LP’s hierdie week gaan probeer om Truss uit die kussings te lig en sê meer as 100 is gereed om briewe vir ‘n mosie van wantroue in te dien. Een van die drie LP’s wat vra dat die eerste minister bedank, Crispin Blunt, sê hy dink nie Truss kan die huidige krisis oorleef nie.