Moet voorbehoed medisyne bly, of nie? Plaaslike kenner sê

‘n Namibiese geslagsaktivis het gereageer op voorstanders van seksuele en voortplantingsregte wat vra dat voorbehoedmiddels moet nie meer as medisyne geklassifiseer word nie. Dit volg op ʼn nuwe verslag wat toon die persentasie uit-voorraad by Suid-Afrikaanse hospitale staan op 40 persent, en die departement van gesondheid erken daar is voorsieningsprobleme. ʼn Woordvoerder van Dokters Sonder Grense, Lucy O’Donnell glo self-bestuurde voorbehoed-keuses kan vroue meer alleenreg verskaf oor hul liggame. Geslagsaktivis Linda Baumann praat met Kosmos 94.1 Nuus oor voorbehoedmiddels vanuit ‘n Namibiese oogpunt.