Dis ‘n skandaal dat Ramaphosa Cele loof – ActionSA

Action Society sê dis skandalig dat President Cyril Ramaphosa die minister van Polisie, Bheki Cele, prys selfs ná alles wat in die polisiediens verkeerd geloop het. Die president het Dinsdag in die Parlement gesê hy het volle vertroue in die minister en hy moet die erkenning kry wat hy verdien. Ian Cameron van Action Society sê Cele se rol is om strategiese leiding aan die polisie te gee en nie om eerste op elke toneel te wees en begrafnisse by te woon nie: