Leerlinglisensies – nuwe aansoeke tot 30 Julie opgeskort

Die Namibiese Paaie-owerheid het te kenne gegee dat alle nuwe aansoeke vir leerder bestuurderslisensies nou tot 30 Julie opgeskort is. Die owerheid het eers die aansoeke tot 30 Junie opgeskort maar, sê dit is verleng tot 30 Julie met onmiddellike effek. Hileni Fillemon, die owerheid se bestuurder van korporatiewe kommunikasie sê in ‘n verklaring dat alle bestaande besprekings nog voltooi sal wees maar geen nuwe besprekings word aanvaar nie. Persone wat reeds aansoek gedoen het sal per SMS ‘n boodskap ontvang met ‘n datum en ‘n tyd om die toets af te lê.