Moenie foto’s van kinders op sosiale media deel

Baie ouers wil graag op sosiale media spog met foto’s van hul kinders se eerste dag by die skool, maar aanlyn-veiligheids-kenners waarsku teen die deel van dié foto’s en sê dit stel kinders bloot aan verskeie risiko’s. Baie misdadigers kan die inligting, wat openlik op foto’s en die sosiale media inskrywings verskyn, gebruik om kinders by hul skole te teiken. Dit kan self daartoe lei dat kinders ontvoer word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt.