Israeli-navorser: Entstof-versterker verlaag hospitalisasie onder ouer mense

‘n Nuwe studie deur ‘n Israeli-navorser van die gesondheidsorgverskaffer, Clalit het bevind die Covid-entstofversterker wat deur Pfizer en BioNTech ontwikkel is, het hospitalisasie onder persone ouer as 65 skerp laat afneem. Volgens die navorsing was daar ʼn afname van 81 persent met hospitalisasies in hierdie ouderdomsgroep. Die studie was onder 622 701 mense van 65 en ouer wat in aanmerking kom vir die versterker. Dit het bevind deelnemers het laer sterftesyfers tot 70 dae na inenting.