Mulder: Tshwane erf bankrot metro van ANC

Die Stad Tshwane sê daar moet aanspreeklikheid wees na aanleiding van die ouditeur-generaal se verslag oor die stad se finansies. Die oudit dek die boekjaar 2021/2022 en onthul dat Tshwane ʼn wanvoorstelling gedoen het oor die ware stand van sy finansies. ʼn Woordvoerder van die veelparty-koalisie, dr. Corné Mulder sê hulle het ‘n bankrot metro van die vorige ANC-regering geërf. Dr. Mulder sê die stad sal met metro-bestuurders vergader om die pad vorentoe te bepaal.